Life Group

 

Ons LIFEGroups is ‘n baie unike deel van ons gemeente. Die groepe word op ‘n “free market” sisteem gebou waar elke LifeGroup een van 3 katogorieë kan wees,
1. Devotional (Hulle hanteer Sondae se preke , bid en bou verhouding)
2. Equipping (Hier word kursesse aangebied in kleiner groepe)
3. Interest (Hierdie groepe is op belange gebaseer. Bv. Parkrun, Bergklim, Finansies, Besigheidsmanne/vroue, Koffiegroepe, ens.)

Daar is elke Kwartaal Lifegroup Leiers Opleiding om mense toe te rus om LIFEGroups te kan fasiliteer.
Elke kwartaal begin die groepe wanneer die skole begin en eindig weer wanneer die skole sluit, so kry almal die geleentheid om by verskillende LIFEGroups betrokke te wees soos wat jou behoefte is. “Life grows out of seasons.” Elke seisoen waardeur ons gaan het ons ander ondersteuning nodig. 

Die Visie van ons LIFEGroups is: “OM GESONDE VERHOUDINGS TE BOU”

Raak deel van ‘n LIFEGroup sodra die nuwe kwartaal weer begin. Hou gerus Facebook en die advertensie borde in die kerk dop vir meer inligting. 

Hierdie is omtrent ‘n lang epos, maar ek glo dat dit jou sal help om die Kultuur en raamwerk van LIG & LEWE SENTRUM te verstaan. 

So, Wat is jou volgende stap?

reflecting light sharing life
All Rights Reserved: Lig & Lewe - Copyright © 2016 | Website by: GHYD